Hulpbronne
Interne Natuurwetenskap Ekspo
Prosedure
Februarie – Inligting vergadering vir alle ouers. Navorsingplanne moet ingehandig word.
April – Elke kind van graad 4 tot 7 moet ‘n Boektaak / Navorsingsverslag inhandig en aan die klas verduidelik. Die assessering wat in die klas gedoen word tel vir die kwartaalpunt. Leerlinge word gekies om aan ons Interne Wetenskap Ekspo in die saal deel te neem.
Die doel van hierdie geleentheid is om take te kies wat gaan deelneem aan die Noord Gauteng Wetenskap ekspo wat in Augustus by Tukkies plaasvind.
Laerskool Elarduspark
Vanaf Gr. 4 tot 7 word daar van alle leerders verwag om deel te neem Laerskool Elarduspark se jaarlikse Wetenskap Ekspo. Daar word van die leerders verwag om inligting van relatiewe onderwerpe te versamel en dan wetenskaplike afleidings en gevolge te maak en oor te dra.
Leerders moet in staat wees om ondersoeke te voltooi, probleme te analiseer, en praktiese prosesse te gebruik in die evaluering van oplossings.
2020 Program
14 Februarie 2020
Alle leerders moet hul navorsingplan inhandig. Daar word ‘n voorbeeld agter in hul Natuurwetenskap & tegnologie werksboek geplak.
1 April 2020
Leerders moet hul boektaak / navorsingsverslag inhandig.
Leerders moet in die klas ‘n vraelys van hul taak voltooi.
Belangrike Skakels
Onthou
Ekspo is navorsing en die kind moet die wetenskaplike metode gebruik. Dit is nie ‘n eksperiment wat gedoen word en in die klas gedemonstreer word nie.
Groepe van 2
Leerders kan individueel of in groepe van 2 deelneem. Dit kan wees kinders in die selfde klas, verskillende klasse, of boeties en sussies (al is hulle in verskillende grade).
scienceexpo.org.za
Indien jy belangstel om vir verder deelname te kwalifiseer maak seker van die etiese reëls, asook die veiligheidsmaatreëls wat gevolg moet word.
Wetenskaplike Metode
Vra ‘n vraag
Die wetenskaplike metode begin wanneer jy ‘n vraag vraoor iets wat jy waargeneem heten wat jou intereseer.
Hipotese
Voorspel die uitkoms van die navorsing.
Agtergrondinligting
Versamel agtergrondinligting.
Eksperimenteer
Toets jou hipotese deur’n eksperiment te doen. Nie alle navorsing het fisiese eksperimente nie. Stel ‘n tydroosterop vir die uitvoering van jou eksperiment. Onthou jy moet genoeg tyd he.
Resultate
Grafieke, tabelle, fotos, kaarte, ens.
Gevolgtrekking
Vergelyk jou jou resultate met jou hipotese. Bepaal in die proses of jou hipotese waar of vals is.
Analise
Doen ‘n analise, aanbevelings of bespreking van jou bevindinge.
Veranderikes
Identifiseer jou veranderlikes. Iets wat die resultaat van jou eksperiment kan verander.
Onafhanklike veranderlikes: wat doelbewus versnder word.
Ahanklike veranderlikes: Wat deur die ondersoeker waargeneem word.
Vatse / Konstante veranderlikes: Moet konstant bly.